Reis deur die hart (1ste uitgawe), uitgegee in 2018 deur Lapa Uitgewers, was Leandra Naudé se debuut publikasie waarvoor sy die 2019 ROSA Imbali Toekenning vir Uitmuntendheid in die Skryf van Romanses verwerf het. Leandra kon egter nie die storie afsluit met “Die einde” nie en so het Reis deur die hart, Boek 1 van 3 geword in Die Reis reeks. Reis deur hart word nou opgevolg deur Reis deur Klatergoud en Reis deur Geheime. Hierdie 2de uitgawe van Reis deur die hart is grootliks ‘n herdruk van die 1ste uitgawe behalwe vir klein terugvoegings uit die oorspronklike manuskrip en nou gepubliseer deur Madsock (Pty) Ltd. as Romatiese Fiksie.












